AKASIA 3 IN 1
Een van die klub se grootste projekte elke jaar is die aanbied van die ‘Akasia 3 in 1' padwedloop wat deel uitmaak van die Atletiek Gauteng Noord padwedloopprogram. Ons mikpunt is om dit vanjaar weer een van die topwedlope in Pretoria te maak en daarvoor het ons almal in die klub se ondersteuning en samewerking nodig.
Paul Ferreira is die wedlooporganiseerder (082 823 5159)
Die AKASIA 3 IN 1 vind plaas op Saterdag 8 Maart 2008, by Hoërskool Gerrit Maritz.
Drie wedlope word aangebied, nl 10 km, 21,1 km en 42,2 km. Fortis Noord atletiekklubbied ook ‘n 5km “fun run” aan.
Die volgende beleid met betrekking tot die wedloop word in die klub gevolg:
Geen lid van Akasia klub mag aan enige van die drie wedlope deelneem nie, tensy spesiale toestemming vooraf van die bestuur verkry is.
Alle lede van die klub kry op 9 Feb 2008, om 06h00 , by Hoërskool Gerrit Maritz , geleentheid om aan die pre-wedloop deel te neem. Daar sal ‘n 10 km en 21,1 km beskikbaar wees, waarna daar ‘n gesellige kenmekaar sal wees om nuwe lede te verwelkom. Volle besonderhede sal binnekort deurgegee word
Daar word van alle lede verwag om die dag van die wedloop (8 Mrt) beskikbaar te wees om as helpers op te tree. Op die klubregistrasievorm sal daar plek wees waar elke lid kan aandui in watter hoedanigheid hy/sy bereid is om te help.
Daar word absoluut staat gemaak op lede se lojaliteit in hierdie verband. |