KLUBTENTWEDLOPE
Die klubtentwedlope wat deur die loop van die jaar deur die komitee aangebied word,
is een van die talle voorregte waarop lede geregtig is. ‘n Aantal wedlope, wat oor die jare as van die gewildste
wedlope na vore gekom het, word gekies. By hierdie wedlope word die klubtent opgeslaan en gratis verversings
word ná die wedloop aan alle klublede beskikbaar gestel. Lede is ook welkom om hulle families
(of soms vriende) saam te bring - in so ‘n geval versoek ons dat ‘n klein (vrywillige) bydrae
gemaak word vir die verversings wat deur hulle geniet word. Hierdie is ‘n unieke geleentheid om mekaar te leer
ken en lede word aangemoedig om in te skakel.
Die volgende wedlope is as tentwedlope vir 2008 geïdentifiseer:
| 2 Feb |
McCarthy Toyota 10 en 21,1 |
| 16 Feb |
Bronkhorstspruit 10 en 32 |
| 09 Feb |
Akasia pre-wedloop 10; 21,1 en Kenmekaar |
| 01 Mrt |
Deloitte & Touche 10, 21.1 en 42.2 |
| 15 Maart |
Om die Dam 21 en 50 |
| 19 Apr |
Loskop 50 |
| 1 Mei |
Wally Hayward 10; 21,1 en 42,2 |
| 22 Nov |
Tom Jenkins 10; 21,1 |
Verdere besonderhede sal bekend gemaak word.
|