| KLUBLIDMAATSKAP EN KLUBLEDEGELD - 2010
Die klub maak voorsiening vir die volgende lidmaatskapopsies.
Eerste/enigste (volle) lid van gesin R 280 per jaar per lid.
Verdere (volle) lede van gesin R 250 per jaar per lid
Grootmeesters / Pensioenarisse R 200 per jaar per lid
Studente R 150 per jaar per lid
Skoliere R 100 per jaar per lid
Die volgende voorwaardes is van toepassing:
Lede se AGN-lisensienommer vir 2010 is hierby ingesluit - die koste hieraan verbonde is R100 per lisensie, wat direk deur die klub aan AGN oorbetaal word. Klubklere en kategoriekentekens word nie hierby ingesluit nie. Lidmaatskap is vooruit betaalbaar by registrasie. Junior lede moet met 'n rooi “J” op hulle frokkie hardloop om in aanmerking te kom as 'n junior.
Alle lede kan die jaareindfunksie bywoon. 'n Klein finansieele bydrae sal van 2010 gevra word per lid. Volle (junior) lede is ook geregtig op finansiële ondersteuning van die klub (soos deur die bestuur bepaal) indien hulle kwalifiseer om aan die SA Kampioenskappe deel te neem.
Daar word van alle lede verwag om beskikbaar te wees vir hulp tydens die Akasiawedlope wat op 6 Maart 2010 en 23 Augustus 2010 plaasvind. Geen lid van die klub mag aan die Wonderpark Akasia 3 in 1 (6 Maart 2010) deelneem nie, behalwe met toestemming van die klubbestuur. Klublede mag wel deelneem aan die Akasia Dawn 2 Dusk (einde Augustus).
|