REGISTRASIEPROSEDURE
Die komiteelid in beheer van registrasie is Isobel Groenewald - 082 579 0721
Die volgende reëlings geld ten opsigte van registrasie en sal streng (sonder uitsondering) deur die komitee toegepas word.

|
Tydens registrasie word 'n klubregistrasievorm asook 'n AGN registrasievorm voltooi. |

|
Alle juniors wat as lid wil registreer, moet 'n afskrif van sy/haar ID dokument of geboortesertifikaat inhandig by registrasie. Hierdie vereiste word deur AGN gestel. Senior lede hoef nie ID afskrifte in te handig nie. |

|
Ledegeld is streng ten volle vooruitbetaalbaar. |

|
Geen persoon mag direk by AGN 'n lisensienommer koop of afhaal sonder toestemming van die Voorsitter of Klubbestuurder nie. |
NB!!

|
Registrasie sal slegs by die Akasia Gholfklub geskied en wel op die volgende tye: (Let asb daarop dat ons slegs die gholfklub se fasiliteit gebruik en dat die proses niks met die gholfklub self te doen het nie) |
Gedurende Januarie en tot en met 15 Februarie 2009:
Dinsdagaande 17h15 - 18h30
Vanaf 15 Februarie 2009: Maak asseblief 'n afspraak met Isobel.
Daar gaan baie streng by hierdie reëling gehou word.
Persone sal nie toegelaat word om by komiteelede se huise te gaan registreer nie, aangesien hierdie praktyk in die verlede tot groot ontwrigting van komiteelede se huislike programme gelei het - hierdie reëling is in elk geval standaard praktyk by feitlik alle klubs. |